Prins Philip, Hertog van Edinburg

Prins Philip
Prins-gemaal van die Verenigde Koninkryk
Prins Philip in 1992.
Prins Philip in 1992.
Gebore (1921-06-10)10 Junie 1921
Villa Mon Repos, Corfu, Griekeland
Titel Prins-gemaal van die Verenigde Koninkryk
Ander titels SKH die Hertog van Edinburg
Lt. Philip Mountbatten van die Koninklike Vloot
SKH prins Philip van Griekeland en Denemarke
Graaf van Merioneth
Baron Greenwich
Sterfte 9 April 2021 (op 99)
Windsor-kasteel, Berkshire, Engeland
Eggenote Elizabeth II (getroud 1947)
Kinders Charles III
Prinses Anne
Prins Andrew, Hertog van York
Prins Edward, Hertog van Edinburg (wat nou sy pa se titel het)
Vader Prins Andreas van Griekeland en Denemarke
Moeder Prinses Alice van Battenberg

Prins Philip, die Hertog van Edinburg, gebore as prins Philippos[1] van Griekeland en Denemarke (Grieks: Πρίγκιπας Φίλιππος της Ελλάδος και Δανίας) op 10 Junie 1921 volgens die Gregoriaanse kalender (28 Mei 1921 volgens die Juliaanse kalender, wat toe in Griekeland gebruik is),[2] en oorlede op 9 April 2021 in Windsor-kasteel in die ouderdom van 99 jaar, was die eggenoot van koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk sedert 20 November 1947, en haar prins-gemaal sedert 6 Februarie 1952. Hy was oorspronklik ’n prins van Griekeland en Denemarke en dus lid van die Deens-Duitse Huis van Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg, maar het kort voor sy troue afstand van dié titels gedoen. Hy het die van van sy grootouers aan moederskant aangeneem en so lt. Philip Mountbatten geword. Met sy troue het hy die titels Hertog van Edinburg, Graaf van Merioneth en baron Greenwich gekry. In 1957 het koningin Elizabeth hom ’n Prins van die Verenigde Koninkryk gemaak.

As gemaal van die Britse koningin was prins Philip voortdurend in die openbare oog. Vanweë sekere uitlatings het hy die reputasie gekry dat hy omstrede opmerkings maak. Benewens sy koninklike pligte was hy ook die beskermheer van talle organisasies soos die The Duke of Edinburgh's Award en die Universiteite van Cambridge en Edinburg. Hy was ook bekend vir sy pogings om die publiek bewus te maak van die verhouding tussen die mens en die omgewing. Hy het langer as vyftig jaar oor dié onderwerp geskryf en gepraat.

Op 2 Augustus 2017 het prins Philip in die ouderdom van 96 amptelik uitgetree uit die openbare lewe nadat hy sedert 1952 as die koningin se gemaal altesaam 22 219 keer alleen by openbare geleenthede verskyn het.[3]

  1. The Duke of Edinburgh at 90: a tragic childhood, The Telegraph, 4 Junie 20112. URL besoek op 26 Augustus 2014
  2. Higham, Charles; Mosely, Roy (1991), Elizabeth and Philip: The Untold Story, Sidgwick & Jackson, pp. p. 73, ISBN 0-283-99887-3 
  3. (af) rooirose.co.za 3 Augustus 2017: Prins Philip tree uit sy openbare rol. Besoek op 5 Augustus 2017

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search